Tuesday, 10 April 2007

Die Afrikaanse jeug in Australië

Hoe voel ons jeug oor die Afrikaanse klub?
Is Afrikaans vir die jeug belangrik?
Is die klub belangrik vir ons jeug?
Hoe voel jy as jong mens oor Afrikaans?
Kom sê jou sê, hier is jou kans om te sê wat jy wil.
Wat moet ons as ouers en komitee doen om julle by die klub te betrek?

5 comments:

Unknown said...

My seun heg baie erns aan sy Afrikanerskap. Hy sien homself as 'n skakel in 'n ketting. Hoewel hy nou vir hom 'n nuwe toekoms in Aussie skep, sien hy dit nie as sinoniem met verwerping van sy herkoms nie.
Ek sien by hom 'n behoefte om meer van sy land se geskiedenis te weet. Veral omdat skole so 'n eensydige en propagandisties-gefundeerde weergawe van SA se verlede voorstaan.
Hy het al meermale met self-onderig, onderwysers van oppervlakkige propaganda na diepliggende debat beweeg - wat hulle verbaas en waardeer!
Hy is baie lief vir Afrikaanse musiek, en luister graag na die nuutste liedjies uit SA. Sy nuutste gunsteling is 'De la Rey'.

Anonymous said...

sprechen sie deutsche?

Anonymous said...

Hi almal, my naam is Ivét Geldenhuys en ek bly in Brizzy, Australia en bly al hier vir 3jaar. Ek is deel van 'n groot groep afrikaanse jeug! Ons kom bymekaar ten minste 2 keer 'n maand om net lekker te kuier, saam te dans of te fliek! Dis baie pret en ek moet sê dis die beste pelle wat ek het!
So as jy of 'n afrikaanse pel wil inskakel en saam ons makietie kan jul my email op: punkfishy@hotmail.com

Cheers Ivetta

AKAustralia said...

Ja, wir sprechen auch Deutsch
Aber der Club ist ein "Afrikaans" Club und deswegen sprechen die meisten
Mitglieder nur Englisch und Afrikaans.
Ich hoffe, das beantwortet Ihre Frage.
Mit freundlichen Grüßen

Anonymous said...

Hi, my naam is Marnel en ek is 22 en bly in Adelaide! Het nou onlangs, na 7 jaar, weer gaan kuier in SA vir 2 maande en kan nie eers beskryf hoe lekker dit was nie! om al die bekende en bekendes weer te sien en saam te braai en kuier. Ons het 'n baie mooi land maar wat ons hier in Aus het,kan 'n mens nie vergelyk nie. Praat nou van die orde en veiligheid ens. Verder verlang ek my dood na alles en almal Afrikaans! Ons het ook 'n Suid Afrikaanse klub hier maar hy moet nog baie groei! Ons moet defnitief ons taal en kultuur behou en saam staan hier in Aus. As enige iemand belang stel om ons jong groepie te join, email my op marnelvt@hotmail.com