Monday, 9 April 2007

Afrikaans in Australië

Moet Afrikaans as kultuur bevorder word in Australië?
Daar is 'n groot aantal Afrikaanse families wat hul tuiste in Australië gemaak het.
Die vraag is, moet ons, ons kultuur behou en dit bevorder, of sal Afrikaans as taal verdwyn? Kom sê jou sê, ons wil graag weet.

2 comments:

Anonymous said...

Dit is seker 'n redelike persoonlike saak. Elke respons sal seker afhang, deels, van die persoon/respondent se eie siening rakende Afrikaans en alles wat daarmee gepaardgaan.

Is mense trots daarop om Afrikaans te praat en bekend te staan as 'Afrikaners'?

Soortgelyke vrae word seker gevra deur mense regoor die wereld - betreffende hul eie tale en kulture.

Dit bly vir my interessant hoe mense in lande, anders as hule lande van herkoms, pogings toon om 'moedertaal en -kultuur' te bevorder/behou.

In hierdie verband is skole en onderrig/onderwys van kardinale belang en redelik prominent.

Net een voorbeeld: Duitse skole ...

Daar sal seker mense wees wat reken hulle doen hul kinders 'n guns deur hulle so "Ozzie"-moontlik groot te maak of te laat opgroei.

Persoonlik dink ek dit is tragies. Maar dit bly iets baie persoonliks.

Vriendelike Afrikaanse groete

BJS
Toowoomba

Anonymous said...

Interessante onderwerp.

Ek is Afrikaans, ek praat Afrikaans en ek reken dat Afrikaans 'n pragtige taal is.

Maar wie of wat is 'n Afrikaner? Is dit 'n soort bees? Of iemand wat Afrikaans praat? Is dit 'n spesifieke rassegroup?

Of is daar 'n ander "bordjie" vir ons groepie: Naamlik "Boere"? Laat maar weet, want ek is so lekker deurmekaar soos die nationaliteite van my hardkoppige, energieke, eie wysige intelligente voorouers naamlik: Duitsers, Hollander, Franse en Engelse - lekker saam gemeng!