Tuesday, 10 April 2007

Afrikaans en 'n Klub in Australië

Moet daar 'n nasionale Afrikaanse klub in Australia wees en wat sal die doel van so 'n klub/organisasie wees?
Is dit om ons kultuur te bevorder en so die voortbestaan van Afrikaans as taal en kultuur te bevorder?
Is dit miskien 'n "old boys" Klub van vriende en kennise wat net lekker Afrikaans wil praat so nou en dan en lekker saam kuier?
Of is dit alby en kan ons as Afrikaners saam staan vir ons taal en kultuur?
Kom vertel ons hoe julle oor die saak voel.

8 comments:

Anonymous said...

In die eerste plek, is dit nie AFIRKAANS nie, maar wel AFRIKAANS en 'n Klub in Australia.

Tweedens .. dink ek julle moet die naam verander na AFIRKAANS, okey tog, AFRIKAANS EN 'N KLUB OPPIE GOLD COAST! want daar is niks vir ons in Melbourne en Geelong nie. Albei in Victoria, uh, Australia. Australia is nie net QUEENSLAND nie.

AKAustralia said...
This comment has been removed by the author.
AKAustralia said...

Baie dankie vir die positiewe opmerking teenoor die onderwerp. Ons het die glipsie reggemaak.
Die Afrikaanse klub is nie net beperk tot die Gold Coast nie, almal kan aansluit, van regoor die wêreld. Nou ja hier is jou kans, ons prbeer om takke regoor die land te hê, vir die bervordering en behoud van Afrikaans. Kontak ons gerus, ons soek juis na verteenwoordigers.

Anonymous said...

,dit sal goed wees as ons 'n klub in Victoria het.Ek is nou 'n jaar in Australia met my familie en dit was baie lekker om afrikaans te lees van die hoofblad.Die resepte was ook baie goed. Dit sal baie beteken om ander suid afrikaners te ontmoet en afrikkans te praat in 'n klub naby.

Heinrich said...

Ek dink dis 'n baie goeie idee om iets soos die ATKV in Australie te begin. Ons bly in Sydney en sal defnitief so iets ondersteun en weet ook van mense wat van oraloor Suid Afrika na Australie gekom het (Port Elizabeth, Bloemfontein, Pretoria, Johannesburg) om 'n nuwe toekoms vir hulle en hul kinders te verseker. Ons is lief vir ons taal, dis ons huistaal, maar ons het ook ryker geword in wie ons is en praat nou net soveel Engels. Ons wil nie net vashou aan die verlede nie, maar dra Afrikaans die toekoms in oraloor die wereld.

Anonymous said...

Nou wonder ek maar net, in SA wou julle nie saamstaan nie maar verwag dat almal nou moet kom saam klub?

AKAustralia said...

Dankie vir die kommentaar. Die feit dat jy jou naam weerhou sê al klaar baie!!!.
Maar laat ek so antwoord. Dit gaan nie oor Suid Afrika nie maar oor die taal Afrikaans as Kultuur kom kuier gerus by ons en dan sien jy wat ons doen jy sal vebaas wees.

Anonymous said...

Liewe vriende

Gaan kyk gerus na http://www.roepstem.net/argentina.html.

Ek dink daar is 'n plekkie onder die son vir die taal Afrikaans enige plek ter wêreld. Net soos van ouds in Argentinië is die Afrikaanssprekendes in Australië (soos "rustige swerwer") pioniers van die taal.

Groete vanuit SA