Tuesday, 10 April 2007

Die Afrikaanse jeug in Australië

Hoe voel ons jeug oor die Afrikaanse klub?
Is Afrikaans vir die jeug belangrik?
Is die klub belangrik vir ons jeug?
Hoe voel jy as jong mens oor Afrikaans?
Kom sê jou sê, hier is jou kans om te sê wat jy wil.
Wat moet ons as ouers en komitee doen om julle by die klub te betrek?

Afrikaans en 'n Klub in Australië

Moet daar 'n nasionale Afrikaanse klub in Australia wees en wat sal die doel van so 'n klub/organisasie wees?
Is dit om ons kultuur te bevorder en so die voortbestaan van Afrikaans as taal en kultuur te bevorder?
Is dit miskien 'n "old boys" Klub van vriende en kennise wat net lekker Afrikaans wil praat so nou en dan en lekker saam kuier?
Of is dit alby en kan ons as Afrikaners saam staan vir ons taal en kultuur?
Kom vertel ons hoe julle oor die saak voel.

Monday, 9 April 2007

Afrikaans in Australië

Moet Afrikaans as kultuur bevorder word in Australië?
Daar is 'n groot aantal Afrikaanse families wat hul tuiste in Australië gemaak het.
Die vraag is, moet ons, ons kultuur behou en dit bevorder, of sal Afrikaans as taal verdwyn? Kom sê jou sê, ons wil graag weet.